Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hou Harry en Meghan uit koerant

Ek woon in Pretoria en is reeds afgetree. Ek is ’n ingetekende Beeld- en Rapport-leser. Ons lees ook elke week die Huisgenoot met aandag deur. Baie dankie vir hierdie goeie Afrikaanse koerante en tydskrif. Daar word regtig moeite gedoen met die inhoud en die gehalte van berigte en artikels.

Ek wil tog ’n versoek rig aan Beeld en om dit ook te deel met die ander twee publikasies wat in die Media24-stal is: dat u ons spaar wat met die koninklike hooghede Harry en Meghan se vertrek gaan gebeur.

Werklik, ek dink min Suid-Afrikaners stel belang of hulle trek of bly en wie daarvoor betaal of nie. Ons weet darem die Suid-Afrikaners hoef nie te betaal nie.

Ons het in die land sulke ongelooflike uitdagings: Eskom en beurtkrag, staatska­ping en die gevolge daarvan, water en sanitasie, behuising en armoede, asook misdaad om net enkeles te noem. Ons moet elke dag van die uitdagings lees en dink en voorstelle doen aan die president vir oplossings.

Laat hulle gaan in vrede. Meghan het geweet waarvoor sy haar inlaat toe sy die koninklike familie betree het.

Meer oor:  Harry  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.