Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hou tog plaasmoorde uit Floyd/Khosa-sterftes

Ek het grootgeword as ’n wit, Afrikaanssprekende Christen in ’n kleinerige Vrystaatse dorp. My pa het ’n taamlik groot onderneming gehad en as kind het ek gesien hoe my ouers­ hul swart personeel met respek behandel. Ek het ook gesien dat dit anders was as hoe die meeste ander mense met swart mense gepraat het.

Moet asseblief nie nou argumente oor plaasmoorde ophaal nie. Plaasmoorde is net so wreed en onsinnig as die moord op arm swart mense.

Ek was in matriek toe ’n HNP-werwingspan by ons huis opgedaag het. My pa het ’n woord gebruik wat dit duidelik gestel het hulle moet vinnig ver weggaan. Daarna het my pa my vertel dat die mense en ons regering eendag gaan moet besef dat swart mense eintlik mense is net soos ons. En dat ons hulle nie vir altyd kan onderdruk nie. Hulle is deur dieselfde God geskape as wat ons geskep het.

Ek is goed bevriend met ’n swart vrou wat vertel hoe haar oudste suster met haar op haar rug tussen die polisiekoeëls deur gehardloop het om haar by die skool en terug te kry.

Ek is meer ontsteld oor die dood van Collins Khosa as George­ Floyd, maar as jy nie ontsteld is oor albei se dood nie, dan is jy deel van die probleem.

Dit is tyd dat alle Suid-Afrikaners besef ons verlede is nie iets om op trots te wees nie, maar ons kan self sorg dat ons kan trots wees op ons toekoms.

Moet asseblief nie nou argumente oor plaasmoorde ophaal nie. Plaasmoorde is net so wreed en onsinnig as die moord op arm swart mense. Maar mense wat die erns van een moord probeer verminder deur die verwysing na ander moorde, dink duidelik steeds dat sommige se lewe meer werd is as ander.

Meer oor:  Collins Khosa  |  George Floyd  |  Mystem  |  Moord  |  Briewe  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.