Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hou verklaar jy dit, Sassa?

Na aanleiding van die berig “Sassa doen als om nie toelaes uit te betaal nie” (VB 24/8) wil ek graag die volgende noem.

Ons het besluit om ook aansoek te doen by Sassa, aangesien ons ook ’n behoefte aan finansiële hulp het.

Ons het reeds die ouderdom bereik waar ons kan aansoek doen.

Ek en my man het ook by die Bainsvlei-kantoor gaan aansoek doen omdat my man nie so lank kan staan nie en hy dan in die motor kan sit totdat ons gehelp word.

Die eerste keer is daar vir ons ’n lys van vorms en opdragte gegee oor wat ons moet bring om aansoek te doen. So gesê, so gedaan. Al die vorms is verkry en die nodige is gedoen.

Ons was reeds die oggend 08:00 daar en ek het in die ry gaan staan.

Die amptenare het eers om 09:30 daar aangekom en begin om die reeds lang ry mense te help.

Toe ons eindelik gehelp word, word ons meegedeel dat daar nog verskeie vorms uitstaande is.

Weer is ons daar weg, net om die volgende Dinsdag weer daar in die koue te gaan staan.

Die amptenare het eers om 10:15 aangekom.

Is dit dan reg? Hoe laat is hulle veronderstel om te begin werk?

Toe ons gehelp word, word ons meegedeel dat die vorms nog nie volledig is nie.

Die Woensdag gaan ons toe na die hoofkantoor.

Die helfte van die dokumente wat ons toe moes bekom, is deur die klerk aan my teruggegee, want dit was nie nodig nie.

Hoe verklaar jy dit?

Ná ’n lang gesukkel is gesê ons dokumente is nou volledig en ons moet net geëvalueer word om te bepaal of ons kwalifiseer.

Nee, ongelukkig kan ons julle nie help nie, want jul inkomste vir die jaar is meer as wat die perke is.

Kan mense wat al die jare belasting betaal het ook nie maar geregtig wees op hierdie voordeel nie?

Meer oor:  Sassa  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.