Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Huis Marais-geval nie die eerste

Die feit dat die inwoners van drie studentekoshuise van die Universiteit Stellenbosch tydelik moet saamwoon, is tans ’n besprekingspunt op die Matie­kampus. Dit is egter nie die eerste keer dat so iets in Matieland gebeur nie.

Ek was drie jaar lank (1999-2001) inwonende huisvader van die manskoshuis Hombré, waarvan die inwoners een jaar inderdaad gemeng was. Dit was ’n situasie wat weens die demografie van die studentegetalle op die kampus ontwikkel het en wat inderhaas opgelos moes word.

Weens die dalende getalle van vrouestudente, het die universiteit besluit om Sonop in ’n manskoshuis te verander. Dit het die geleentheid gebied vir Hombré om ’n woonplek op die kampus te bekom, nadat dit dekades lank in die destydse Volkskasgebou (Pleinstraat) gehuisves was.

Die situasie is natuurlik nie dieselfde as die huidige nie. Tans is drie groepe betrokke. In die vorige tydvak was dit net twee groepe, die Hombrejane en Sonoppers. Verder word die redes vir die sluiting van die koshuise verskillend aangebied. In Hombré se geval was dit die tekort aan huisvesting. Daar was wel ook veral studente wat gemeen het dat die Universiteitskoshuisadministrasie doelbewus gepoog het om Hombré te sluit weens die optrede van sommige studente.

Van dieselfde faktore is ook te bespeur by die Huis Marais-geval, waar volgens berigte gepoog word om die etos van die koshuis te verander. Niemand behoort studente toe te laat om onverantwoordelik op te tree nie. Daar moet egter ook teen gewaak word om gevestigde tradisies te ge­redelik te verander.

Die vraag ontstaan of daar werklik wenners in die proses is. Die huidige inwoners van Huis Marais voel dat hulle aan die kortste ent getrek het. Hopelik sal dieselfde lot hulle nie tref wat Hombré getref het nie – die eens prominente manskoshuis met inwoners soos prof. Sampie Terreblanche en Max du Preez, redakteur van Vrye Weekblad.

Eindelik was dit ’n relatief suksesvolle eksperiment en ek kan interessante ervarings en gebeurtenisse onthou. Die studente het goed saamgewerk en gesamentlike projekte aangepak. Net soos nou is die mansgedeelte van die koshuis afgesper van die vroue se kant. Tipies student het die afsperring gou ’n studentenaam gekry – die spermskerm.

Meer oor:  Huis Marais  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.