Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Huis Marais nou in Dagbreek se skoene

Die berig oor die plasing van dames in ’n deel van Huis Marais en die gepaardgaande ongelukkigheid van die manne, laat my terugdink aan iets soortgelyks in 1953. In daardie geval was dit Dagbreek wat ’n opoffering moes maak.

Die universiteitsraad het, volgens die rede wat aangevoer is, besluit om as gevolg van die hoë druipsyfer voortaan eerstejaarstudente in een koshuis te plaas: Dagbreek vir die mans en Harmonie vir die dames.

Dagbrekers was natuurlik ongelukkig. Van die manne het selfs oorweeg om te “mars” om die owerhede tot besinning te bring.

Ons was die bespotting van ons teenstanders op die kampus. Kwaaddoeners het selfs in die straat voor die koshuis in groot rooi letters ons as “Thom se cress” beskryf.

Ons klomp eerstejaars was dus die eerste groep wat die einde van die jaar die koshuis moes verlaat. Hierdie situasie het bykans 20 jaar geduur tot die koshuis weer “genormaliseer” is.

Hoewel prof. Thom as rektor in die eerste plek geblameer en beskuldig is, het hy erken dat dit vir hom die swaarste besluit as oud-Dagbreker was.

Ná sy besoek aan die koshuis,’n om die redes vir die besluit te motiveer, is ’n mosie op ’n huisvergadering aanvaar dat Dagbreek in belang van ons universiteit die opoffering moet maak.

Die drama wat plek-plek tot uitbarsting wou lei, is met ’n huisdinee afgesluit met minister Sauer as gasspreker.

Sterkte aan die seuns van Huis Marais, en doen soos julle ouboet van langsaan jare gelede!

Meer oor:  Huis Marais  |  Somerset-Wes  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.