Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Hulle kyk anders deur Price se oë

Ivor Price se rubriek in By (Beeld, 11.08) was, soos altyd, van hoogstaande gehalte.

Ons was die laaste ruk nogal bekommerd dat hy vanweë sy televisie-verpligtinge moontlik nooit weer sou skryf nie.

Hy is loshande die koerant se beste rubriekskrywer en ’n belangrike stem in die nasionale diskoers.

Deur sy pen kyk ons al jare lank anders na ’n deel van Suid-Afrika wat vir ons onbekend en anders is.

Ons gesin is nie regtig TV-mense nie, maar ervaar dieselfde passie vir die land in Price se TV-program, Landbouweekliks.

Daar is deesdae soveel nuwe televisieprogramme, maar werklik min wat met aanbieders van Price se kaliber kan spog.

Hy bring nie sy ego na die partytjie toe nie, maar eerder soveel passie, hart en warmte.

Dit bly verstommend hoe die boere, meestal harde manne, teenoor hom oopmaak.

Meer oor:  Ivor Price  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.