Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ikoon Shaleen het waarlik die lewe geleef

Shaleen Surtie-Richards se afsterwe in ’n Kaapse gastehuis laat my hartseer voel.

Sy was voorwaar ’n ikoon en het die lewe omhels. Ek is ’n groot bewonderaar.

Haar liefde vir haar hondjies was so ’n mooi kenmerk van haar lewe, buiten haar groot liefde vir haar ouers, van wie sy altyd met groot bewondering gepraat het.

Sy vermaak nou haar geliefdes en die engele in die Groot Teater.

Hier het ons haar nalatenskap.

Sy het waarlik die lewe geleef en vir ons wat agterbly, die gedagte helder agtergelaat om elke dag te leef asof dit ons laaste is. Selfs te midde van ’n pandemie, geldnood, korrupsie en armoede – omhels jou geliefdes.

Meer oor:  Shaleen Surtie-Richards  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.