Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
IMF moet oorneem

Die groot olifant in die vertrek bly Eskom, wat feitlik daagliks in die nuus is.

Wat 'n mens herhaaldelik hoor, is dat die kragverskaffer geherstruktureer sal word en alles sal regkom. Let wel, sonder om die arbeidsmag met 'n derde in te kort, sonder om die steenkoolkontrakte drasties te hersien, asook ander noodsaaklike maatreëls.

Die oortollige arbeidsmag alleen is 'n albatros om Eskom se nek. Sonder radikale ingryping deur die regering, sal dit Cosatu nie help nie om hoog op te gee oor hoe die land se ekonomie voor ’n katastrofiese ineenstorting staan en dit as regverdiging gebruik om mense se pensioengeld te vat.

Hardkoppig en blind vir die fiskale afgrond wat voorlê, word daar volgehou met die verset binne die ANC en die kabinet teen ontbondeling en privatisering, asook desentralisering en diversifisering van kragopwekking, wat dreig om enige reddingspoging te kelder. Dit alles weens die onversetlikheid om afstand te doen van die kommunistiese beleid om alle produksiemiddele in die staat te vestig.

Soos Gwede Mantashe onlangs nog in ’n mediaonderhoud gesê het, hy is ’n “Marxis van die ou skool”.

Daarbenewens suig swart ekonomiesbemagtigdes wat steenkool teen opgeblase pryse aan Eskom lewer, die laaste druppel uit die terminaal siek onderneming en is dit eintlik ’n vermetelheid van die kragopwekker om nog te veg vir hoë tariefaanpassings om sy buitensporige onkoste te verhaal.

Onder hierdie omstandighede is dit verreweg die beste opsie vir die IMF om beheer oor te neem. Die vraag is net, hoe ver moet die ekonomie nog verswak voordat dit gaan gebeur?

Alle aanduidings is dat die ideologiese verset teen afstanddoening van ekonomiese soewereiniteit vir die alliansievennote 'n té bitter pil is om te sluk.

Meer oor:  Imf  |  Theo Stehle  |  Knysna  |  Brief  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.