Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
In krisis tree ware leiers na vore

My komplimente aan die rubriekskrywer oor genl. Constand Viljoen (08.04). Die slotsin verdien veral vermelding.

Genl. Viljoen was die enigste dienende generaal met wie ek kennis gemaak het – eers as skoolkadet rondom 1981-’82 en later gedurende my eerste jaar van diensplig in 1985. Dit was net twee handdrukke, maar dit is waardig gedoen. Iets wat ’n seun bybly.

In tye van krisis tree ware leiers na vore. Ek dink dit was ook op genl. Viljoen van toepassing. Rus in vrede, Generaal.

Gedurende die eerste demokratiese verkiesing van 1994 het ek tydens Operasie Jumbo my laaste operasionele diens verrig en as getroude jong man toe nog nie werklik die invloed en impak wat sy leiding teweeg sou bring begryp nie. Ek was wel dankbaar dat hy ’n regse “revolusie en burgeroorlog” gestuit het.

Soos wat ek later met al hoe meer veterane bevriend geraak het en Dennis Cruywagen se Brothers in War and Peace gelees het, het die waarde van integriteit en strewe na oplossings ’n beeld by my geskep waarom hy so hoog aangeskrewe was onder onder andere genl.maj. Roland de Vries en kol. Jan Breytenbach. Daar kan nog name bygevoeg word, waaronder spesiale magte, valskermmagte, generale staf en natuurlik die artillerie waar hy sy militêre tande geslyp het. Ek het die afgelope vier jaar ongeveer 60% van alle literatuur wat aangaande die Grensoorlog 1966-1989 geskryf is, gelees en ek besit ongeveer 97% van die geskrewe woord daaromtrent.

As samevatting wil ek dus die rubriekskrywer se slotsin onderskraag en wil ek ook my mening lug dat, in hierdie tydvak van ’n Covid-19-pandemie, daar tog lig is in die vorm van ons president en ’n handvol ander ministers.

In tye van krisis tree ware leiers na vore. Ek dink dit was ook op genl. Viljoen van toepassing. Rus in vrede, Generaal.

Meer oor:  Mystem  |  Constand Viljoen  |  Briewe  |  Rubriekskrywer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.