Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
In verwondering oor waansinnige staking

Ek sit nou al vir 16 dae in verwondering oor die absolute waansin van die munisipale staking in Mangaung.

’n Algemene werker verdien meer as R8 000 en staak omdat hy R12 000 wil hê soos sy maters in Gauteng en Buffalo City.

Ek is ’n sakeman en kan beswaarlik die minimum loon bekostig.

As my 17 werkers almal R8 000 plus pensioen plus medies eis, sluit ek maar my deure.

Maar omdat ons gedwing is om ’n metro te word sodat die burgemeester en sy trawante meer kan verdien, moet die gewone inwoner van Bloemfontein maar opdok en hierdie staking in afgryse gadeslaan.

Hoekom kan meer werkers nie in diens geneem word teen ’n laer salaris nie? Is dit nie radikale ekonomiese transformasie om seker te maak meer huisgesinne het brood op die tafel nie?

Nou word net ’n paar gesinne koek gevoer pleks van ’n breër arbeidsmag te bemagtig. Nou gaan almal soos een man skree – probeer jy met R3 500 uitkom!

Ek dink as ons vier broodwinners is in een huis het wat al vier R3 500 inbring, gaan ons beter af wees as een wat leef op ’n toelae van R870.

Hoekom is ons staats- en munisipale salarisse so hoog? Waar is die dae dat besighede meer betaal het as die staat? Dit is hoekom ons lenings 50% van die BBP is. Die staat het heeltemal die kluts kwyt geraak.

Hoe goed moet jy wees om binne 18 maande R40 miljoen te verdien?

Brian Molefe is nie dit werd nie. Niemand is nie.

Meer oor:  Lesersbrief  |  Brian Molefe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.