Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ingeligte oupa en ouma kan baie vir land beteken

Dale Katts (30.01) is natuurlik reg as hy sê oumas en oupas kan baie bydra om kinders (meer) van morele waardes en karaktervorming te leer.

Die vraag is net hoe moet dit geskied, want die ouers self kom dikwels in die pad daarvan en as dit net lukraak hier en daar geskied, gooi ons uitstekende geleenthede weg om die kinders se koppe te swaai weg van die huidige visuele mediakultuur wat, onder meer, saamhang met verslaafdheid aan die slimfoon.

Ek weet ek mag nie die ruimte gebruik om iets te adverteer nie, maar kan ek net sê dat die radiostasie RSG beteken baie (en nie net) vir Afrikaanssprekende mense in die land. So dikwels in die verlede het ek al gehoor dat mense wat na RSG begin luister se algemene kennis het die hoogte ingeskiet en dat hulle nou heeldag daarop ingeskakel bly. Ek is seker dat duisende lesers dit sal kan beaam.

Nou moet ek sê dat ons wat so bekommerd is oor die toekoms van Afrikaans in die land, dalk tot ‘n groter besef kom oor die waarde van hierdie radiostasie se rol om die land se burgers te help opvoed. En dit is waarheid waarvan ek weer onlangs moes kennis neem.Ek het met die laaste Kersfees my ou radio geskenk aan die vrou wat vir ons werk. Hulle het wel ‘n TV gehad, maar nie ‘n radio nie. Sy vertel my dat haar ma (76 jaar oud) nou dag en nag na die radio luister en sy sê haar ma is nou so ingelig dat wanneer sy in die aande by die huis kom, wil haar ma haar alles vertel wat sy deur die dag op die radio gehoor en geleer het. En as synog wil staan om te hoor, dan sê die tannie: “Nee my kind, kom sit hier dat ek jou mooi vertel!”Dink net wat sulke oumas vir die land kan beteken.

Meer oor:  Donald Katts  |  Mystem  |  Lesersbrief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.