Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Is ‘beste van slegste’ dan nou die antwoord?

Met Henry Jeffreys se baie goeie Brandpunt “Cyril moet nou uit sy hoek kom” (18.12) gaan ek sonder voorbehoud akkoord.

Tog het dit my laat dink aan hoe DA-kiesers in die onlangse verlede gestem het.

Ons siening was skynbaar dat ons nie werklik vir die sogenaamde neoliberale party stem nie, maar eerder bloot ’n stem teen die ANC wil uitbring.

Daarby is ook vir die grootste opposisieparty gestem, wat wel (tog) van sy beloftes nagekom het.

Die party het darem ook al bewys dat hy die beste provinsie in die land regeer, in vergelyking met die ander provinsies, wat inmekaarstort onder korrupsie, onbevoegdheid, kaderontplooiïng en tenderbedrog.

Die vraag bly egter hoe moet ’n mens te werk gaan om te keer dat ’n sterk groepering met ’n Marxistiese ingesteldheid beheer van die land oorneem sou die ANC weens interne struwelinge uitmekaarspat?

’n Mens moet geen illusies hê nie. Die armstes onder die armes sien in die EFF die medium om die revolusie aan die gang te kry.

Moet ’n mens dan maar jou hoop vestig op die “beste van die slegste”, dit wil sê die ANC, EFF en BLF, teenoor die regering om die kritiese massa in plek te hou?

Die alternatief is “too ghastly to contemplate”, soos een van ons vorige presidente geëggo het.

Die kiesers kan die verskil maak, maar of hulle sal, sal ’n mens moet sien.

Meer oor:  Henry Jeffreys  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.