Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Is ‘Boer soek ’n vrou’ eties?

Die kykNET-program Boer soek ’n vrou, waaroor dikwels berig word, laat etiese vrae ontstaan.

In die werklike lewe soek ’n man (ook ’n boer) vir hom ’n vrou.

Dit doen hy deur natuurlikerwys in daaglikse omgang dames te ontmoet en dan met hulle vriendskappe aan te knoop.

Deur wedersydse belewing, erkenning en waardering van mekaar se lewensbeskouinge en -vaardighede besluit hulle uiteindelik saam dat hulle mekaar graag as lewensmaats wil belewe.

Vriende en familie van albei is deurgaans bewus van die ontwikkeling van die verhouding.

Die vriende en familie aanvaar uiteindelik met respek die paar se besluit om permanent saam te wees of nie.

Die hele proses verloop binne die raamwerk van normale en algemeen geldende etiese beginsels.

In die program word ’n paar vroue tegelyk aan die boer voorgestel.

Uit hulle moet hy uiteindelik een as moontlike lewensmaat kies.

Die ander vroue moet hy die deur wys.

Hierdie vroue wat weggewys word, kry daarmee die duidelike boodskap dat hulle nie goed genoeg is nie.

Dit nadat hul onaanvaarbaarheid vir die boer ten aanskoue van duisende onbetrokke kykers ontbloot is.

Dit ten spyte daarvan dat hul deelname aan die proses hulle ook as welwillende, deernisvolle en ten volle bevoegde vroue met hul eie emosies en menslike gawes uitgewys het.

Een mens verwerp eiegeregtig ’n paar ander mense.

En dit gebeur ten aanskoue van duisende kykers van die program.

Die kykers moet aanvaar dat hierdie een mens die reg het om sy naastes die pyn van verwerping aan te doen.

As die program op fiksie gegrond was, sou dit moontlik eties aanvaarbaar kon wees, maar is die weergawe van die werklikheid in hierdie verband egter eties aanvaarbaar?

Meer oor:  My Stem  |  Boer Soek 'N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.