Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Is dit nie geld in die huis gooi nie?

Met groot afwagting skakel ek in op Via se Die argitekte. Ontwerp, uitleg en binneversiering interesseer my geweldig, daarom is die meeste sulke programme hoog op my lys van gunstelinge. Gewoonlik is die aanbieding daarvan esteties baie visueel, leersaam en opbouend van aard.

Maar gou besef ek Via se program is nie veel meer as gratis advertensie vir die betrokke argitek en sy eie woning nie.

Soveel luuksheid is beslis nie die gewone man op straat beskore nie. Deelnemende argitekte ontvang sekerlik ’n astronomiese bedrag vir die maak van die program. Teleurgesteld vra ek myself: Kon die geld vir so ’n program nie meer oordeelkundig aangewend word vir nood en armoede nie?

Meer oor:  My Stem  |  Via
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.