Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Is dit nuwe beleid of bloot verkiesingstrategie?

Nadat daar reeds sedert Oktober verskeie beloftes oor ’n verwagte nuwe beleids- en beginselkoers deur die DA gemaak is, het die party die naweek uiteindelik ’n “beleidskonferensie” gehou. Dit het egter bloot ’n verkiesingstrategie vir die 2021- munisipale verkiesing opgelewer.

Die tekens was die afgelope paar maande daar dat die DA, in ’n skielike ommeswaai, weer probeer om verlore stemme terug te wen deur minderheidskwessies soos taal- en kultuurregte, asook plaasaanvalle, by die naam te noem en te pak. Hierdie kwessies was tot baie onlangs nog taboe in DA-geledere en nie politiek korrek nie.

Die DA het ook hard daaraan gewerk om, soos met vorige balanseertoertjies, ’n boodskap te formuleer wat die persepsie skep dat die party wegbeweeg van “rasgebaseerde regstelling”, maar dan darem nog genoeg ruimte laat dat dit nie werklik die geval is nie. Dit is nou vir wanneer die omstandighede of die gehoor dit sou vereis.

Die beklemtoning van “die onregte van die verlede”, word steeds as ’n maatstaf gestel vir staatsbystand, “nierassigheid” ten spyt, en “ras nie meer as ’n kriterium nie”, maar darem steeds deel van die kriteria as ’n pantser aangewend dat die DA nie pro-swart genoeg is nie. Kortom, steeds ’n “ANC lite”.

Die DA se dilemma bly dieselfde. Geen party wat sy kiesers verlaat het, hul belange probeer marginaliseer het, en hulle selfs beledig het as rassistiese randfigure, kon nog daarin slaag om sy geloofwaardigheid te behou deur terug te krabbel en homself as ’n enigste redder voor te hou nie. Hul steun verdwyn en sulke partye bloei eenvoudig dood.

Voeg hierby die DA-binnegevegte, en dis ’n onredbare situasie.

Met die ANC nou ook op die afdraandepad met die oorweldigende korrupsie in sy geledere, asook (à la DA), voortdurende faksiegevegte, kom hier duidelik ’n definitiewe herskikking in die SA politiek. Tesame met die militantheid en al die skandes wat die EFF omgewe, is dit ’n feit.

Partye met ’n bewese geskiedenis van beginselvastheid en wedersydse respek, soos die VF Plus, sal voortgaan en groei tot voordeel van alle gematigde Suid-Afrikaners wat glo in ’n toekoms van hoop, gelyke geleenthede vir almal en die ontwikkeling van al ons mense tot voordeel van al sy inwoners.

Meer oor:  Helen Zille  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.