Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Is dit vergesog as mense onafhanklikheid oorweeg?

Leopold Scholtz se insigte dwing dikwels respek af, veral weens die gebalanseerdheid in sy argumente.

Hy noem dat deel van ons probleem is die diepe verdeeldheid in die samelewing, waarby ’n gedeelde nasionalisme “bitter moeilik, indien nie onmoontlik nie”, raak.

My vraag aan Leopold is: Wat as ons tot die besef kom dat, ten spyte van ons opregte pogings en wense tot eenheid en ’n gedeelde nasionalisme, ons as minderheidsgroep met dieselfde taal, geloof en kultuur, aanhangers van die Grondwet, wat eintlik ’n meerderheid in die Wes-Kaap vorm, erg benadeel word deur regeringsbeleid wat steeds fokus op velpigment as die belangrikste kriterium? Weer eens word die kwaliteit van ons kinders se toekoms onregverdig bepaal deur hul velpigment, terwyl ons in Suid-Afrika juis uiters bewus moet wees vanuit ons geskiedenis dat ’n oorvereenvoudigde beleidsbenadering op velkleur so ’n vernietigende onreg is.

Die strewe na ’n nierassige samelewing en die ideale van die Grondwet, wat taalregte insluit, en dat Suid-Afrika aan almal behoort, is besig om op ’n Orwelliaanse manier tot niet te gaan.

Nie omdat ek enigsins velpigment en ras belangrik ag nie, maar as verklaring histories waar ek vandaan kom met hierdie invalshoek, noem ek dat my vraag as bruin man aan Leopold is: Is dit dan vergesog as mense, die meerderheid in die Wes-Kaap, met ’n eerlike strewe na ’n nierassige, harmonieuse samelewing waar gelyke regte gerespekteer word en velpigment ’n baie, baie minder prominente rol in beleid speel, afstigting/onafhanklikheid van die Wes-Kaap as sterk opsie sou oorweeg? Veral as ons gedwing word tot die besef dat gedeelde nasionalisme onmoontlik geraak het?

Meer oor:  Leopold Scholtz  |  Oudtshoorn  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.