Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Is hulle regtig Dawie en Daan?

As rugbygeesdriftige sedert my laerskooldae geniet ek die potgooi van Bun Booyens en Marco Botha op Netwerk24 oor die geskiedenis van Springbok-rugby besonder baie. Seker omdat ek so baie daarvan self belewe het.

Een van die kostelikste rugbystellings wat ooit gemaak is en skynbaar nie meer bekend is of oorvertel word nie, is die opmerking van ’n Skot oor die pak wat die Skotte op die Springbokke se toer daar in 1949 op die lyf geloop het.

Sy opsomming van die wedstryd was: “They beat us by 44 and we were lucky te get the naught.”

Miskien moet Bun en Marco­ (ek ken albei) net seker maak van die oorsprong van die foto in Dinsdag (06.04) se Die Burger. As student het ek Dawie Ackermann baie goed geken en dis nie hy op die foto­ nie. En of die ander man op die foto werklik die gevreesde agtsteman Daan Retief­ is, is ook te betwyfel.

Maar nogtans baie dankie vir die interessante bydrae tot die geskiedenis van ons nasionale spel.

Meer oor:  Bun Booyens  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.