Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Is Max du Preez besig om die lig te sien?

Max du Preez se artikel in Rapport van 24 Januarie en Flip Buys se antwoord daarop is werklik insiggewend. Die feit dat Du Preez erken dat Buys se voorspelling van staatsverval in die Mandela-era in die kol was, is prysenswaardig, asook die feit dat hy verskoning maak vir sy weerstand daareen.

Du Preez sê tereg dat ons ’n Solidariteit-beweging, ’n AfriForm en Helpende Hand vir alle Suid-Afrikaners nodig het, en nie net sulke bewegings vir wit Suid-Afrikaners nie. Hy is verkeerd as hy sê dit is net vir wit Suid-Afrikaners, want die organisasies het hulle al oor en oor bewys as kampvegters vir Suid-Afrikaners van alle rasse.

Toegegee, die bewegings het seker hoofsaaklik ontstaan as kampvegters vir wit Suid-Afrikaners, maar die vraag is waarom. Was dit omdat die organisasies net vir wit mense omgee of omdat hulle ’n rasse-agenda gehad het? Ek dink die antwoord hierop is ’n besliste nee.

Die regering wat hoog opgee dat hulle ’n regering vir alle burgers is, lieg deur hulle tande, want hulle bedryf hul sake op naakte rassisme. Wit mense, veral wit Afrikaners, kry op bykans alle terreine ’n koue skouer van die regering. Hierdie organisasies het maar net die ruimte gebruik wat die Grondwet hulle bied om vir hul “eie” mense te veg en vir hulle ’n beter lewe te bewerkstellig in hierdie land waarin hulle ál meer en meer as buitestanders gesien word.

Die feit dat hierdie organisasies oor rassegrense heen soveel doen om geregtigheid aan alle burgers te laat geskied, is beslis ’n bewys van hul morele integriteit en liefde vir die enigste land wat hulle as hul Vaderland beskou.

En dit is vir alle rasse en gemeenskappe in die land ’n les van wat gedoen kan en moet word om die regering op sy bose pad te stuit en begin om hulself uit die moeras te grawe waarin die regering hulle tans laat.

• Laat hoor van jou: Stuur jou brief na dbmening@dieburger.com. Briewe moet vergesel wees van die skrywer se naam, adres en telefoonnommer. Briewe korter as 350 woorde sal voorkeur kry. Die Burger behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort. Publikasie van briewe word nie gewaarborg nie en berus by die brieweredakteur. Geen kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.

Meer oor:  Max Du Preez  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.