Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ja, daar is nog ’n plek vir kassette

Ek is bly Bun Booyens kraak kassetbandjies darem nie té sleg af nie (19.06). Toevallig het ek verlede week vir my ’n tweedehandse kassetspeler aangeskaf. Daar is dinge op bandjies wat ek nie op die internet kan kry nie.

Op Vadersdag het ons die boksie met die bandjies wat my ma van ons as kinders gemaak het, uitgehaal. Ons kon in die sitkamer sit en vir die eerste keer in dekades na ons eie kleuterstemme luister.

Boonop ontdek ek onlangs die bandjie van Kramer en Petersen se musiekblyspel Fairyland. Dit is nie tans op Spotify, CD of plaat beskikbaar nie!

Dus wil ek net sê dat hoewel bandjies kan uitrafel en verdof, is daar steeds ’n plekkie daarvoor in ons klankekologie.

Meer oor:  Bun Booyens  |  Mystem  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.