Oor die hoofartikel “Vervolging van korruptes moet dringend begin” (06.02).
Ek stem volmondig saam.
Vertragings sal bloot beteken dat skuldiges onverstoord voortgaan om die weelde van hul onwettige rykdom te geniet, terwyl verarmde burgers, wat getrou hul belasting betaal, verder gestraf word met ’n legio verhogings om ons ekonomie weer op dreef te kry.
Dit sal rampspoedig wees as vertragings veroorsaak dat skuldiges weer tot die politiek toetree.