Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ja, die wêreld het nog veilige plekke

Martie Retief-Meiring se rubriek Van alle kante (10.08) verwys na vriende wat so veilig oorsee woon dat hulle saans ná donker op strate kan rondloop, en sy vra of só ’n wêreld nog werklik bestaan.

Ek kan haar verseker dat dit wel bestaan.

Ek het dit self een aand ondervind in ’n donker systraatjie van Londen, met aan die een kant ’n park vol bome en struike en skaduwees waar al die euwels waarna sy verwys, sekerlik kon skuil. Dit was egter die veiligste plek op aarde.

Ek het onlangs my held,Roger Federer, na Londen gevolg vir die grand finalein die O2-arena waar die wêreld se agt beste tennisspelers om die kroon sou meeding.

Ons het genoeg kaartjies bekom om al agt in die uitdunrondes te sien speel, maar die besluit was uiteindelik om die eindstryd in die gerief van ons hotelkamer te aanskou – saam met ’n heerlike kamerdiensete en ’n bottel wyn.

Helaas, die hotel het nie die spesifieke sportkanaaal nie.

Ons storm benoud na die hotelbestuurder wat ons probleem gou oplos: “sien julle hierdie systraatjie? Net so ’n ent op is daar ’n sportkroeg wat julle sal kan akkommodeer”.

Ons tuur in die donker straat af met regs die onheilspellende park waar misdaad – soos in ons eie land – seker hoogty vier.

“Maar is dit ooit veilig om hier op te stap,” wil ons baie benoud weet.

Die bestuurder frons, rig sy oë hemelwaarts en sê: “Ja, baie veilig, ons verwag nie enige reën vanaand nie!”

Ja, daar is dus nog plekke in die wêreld waar dit baie veilig is om te stap, en waar jou enigste vrees is of jy droog by jou bestemming gaan opdaag !

Meer oor:  Londen  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.