Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ja, ek kan ook doen met ’n lemoen

By die lees van Emil Terblanche se brief oor lemoene (03.05) was ek verheug om ’n lemoengenoot te ontdek.

My dag begin ook met ’n lemoen wat met ’n klinies noukeurige afskil-ritueel gepaard gaan. Soveel so dat ons kleinkinders dikwels tydens lemoentyd soggens om oupa saamdrom om die geskillery gade te slaan – wat soms in skeppings ontwikkel wat groot vreugde verskaf.

By geleentheid, met die oupas onder bespreking, was daar aan tafel onduidelikheid oor watter oupa aan die orde was, toe een kleintjie help: “Ons praat van die lemoen-oupa.”

Op ’n luukse passasierskip begin ek eendag my ontbyt rustig met die netjies gestruktureerde afskil van ’n lemoen en merk toe dat die hoofkelner met sy oë gefikseer op my hande, roerloos in verwondering langs my staan.

Op passasierskepe waar fenomenale vrugteskeppings gereeld uitgestal word, was ek verbaas om van hom te hoor dat hy nog nooit gesien het dat iemand ’n lemoen só skil nie.

Dit val op en verskaf my groot plesier om te sien hoe die kleinkinders stil-stil hul lemoene, net soos oupa, met sorg netjies afskil en skyfie vir skyfie geniet. Dit alles lei toe tot ’n vierversgediggie, “Ek kan doen met ’n lemoen”, wat op Lukas Maree se vrolike ritme gesing kan word.

Nog is het einde niet, want volgende op die agenda is ’n lemoenskil-kompetisie tussen oupa en die kleinspan, met ouma as beoordelaar, en ek staan nie ’n lemoen se kans nie.

Meer oor:  Lemoene  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.