Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Ja, ons moet dink voor ons praat en skryf

Jana Luther, van die Virtuele Instituut vir Afrikaans, se Woordwisseling “Herhaling in geskrewe taal vreet tyd, plek” (14.04) het betrekking.

Jana slaan die spyker op sy kop met haar vrae en raad in die weeklikse taalrubriek: “Kommunikeer ek doeltreffend? Het my woorde seggingskrag? Of dink ek slordig en is my taalgereedskap stomp?”

Ek dink aan ander taalgebruike wat my grief, soos: “Hiermee wil ek graag ons span se dankbaarheid oorbring aan Koos vir al sy ywer en moeite . . .”

Nee, pas asseblief woordekonomie toe en moenie iets “wil” doen nie.

Doen dit!

“Dankie Koos vir jou aandeel in ons span se sukses”.

En dan die laaste paragraaf in ’n sakebrief :” Ek vertrou u vind bostaande in orde”.

Asseblief!

As jy jou brief reg bewoord en korrekte inligting verskaf het, sal dit mos in orde wees. Hoe dan anders?

Sluit net jou brief af met “Vriendelik die uwe”, of so iets.

Meer oor:  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.