Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jacinda Ardern lei hier van voor af

Ek wil aansluit by die redaksionele kommentaar (25.03) waarin die lof van Nieu-Seeland se premier besing word.

Jacinda Ardern verafsku die skietery op mense in ’n moskee en verafsku die skieter dermate dat sy weier om eens sy naam te noem. Daarmee stel sy ’n voorbeeld wat medelye en versoening oor kleur- en godsdiensgrense heen betref.

Terwyl tientalle mense daagliks in Mosambiek weens ’n vloedramp sterf, gaan ons weermag onverpoosd voort om mense te red wat nog gered kan word. Ons regering het onmiddellik tot die slagoffers se redding gekom en die weermag daarvoor aangewend. Dít sonder om ’n ophef van die reddingsaksie te maak.

Gift of the Givers, nog ’n Suid-Afrikaanse instelling, is soos gewoonlik op die ramptonele met bystand in die vorm van skuiling, kos en klere.

In Nieu-Seeland het ons te doen met ’n terreuraanval en in Mosambiek en aangrensende lande met ’n natuurramp.

’n Slagoffer bly ’n slagoffer, ongeag hoe die ramp veroorsaak is en hulle moet gehelp word.

Kleur, politiek of godsdiens mag nooit ’n rol speel wanneer mense in nood verkeer nie.

Meer oor:  Jacinda Ardern  |  Lesersbrief  |  Skietery  |  Moskee  |  Nieu-Seeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.