Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
James Small se groot gebaar by rugbytoets

Ek het die onderstaande in 2014 oor James Small geskryf:

Daar is ’n vers in die Bybel wat lui dat wat jy ook al in die geheim doen, God aan die wêreld sal onthul. Ek wil julle vertel wat Small “in die geheim” gedoen het en wat openbaar gemaak moet word.

My dogter, Riëtte, is 27, het Down se sindroom en is mal oor rugby. Ek het haar na ’n toets tussen die Bokke en die All Blacks op Ellispark geneem en ons was weens swak vervoer­reëlings laat.

Ek kry steeds ’n knop in die keel wanneer ek aan sy gebaar dink vir ’n pa met ’n dogter met Down se sindroom.

Ons is van die een ingang na die ander gestuur omdat daar glo dubbelbesprekings was. Ons is uiteindelik ingelaat en het op die trappe tussen die sitplekke gestaan. Ek het besluit ons gaan op die trappe sit.

Ek hoor toe iemand roep: “Meneer, meneer!” Toe ek omdraai om te kyk, sien ek Small en Gary Teichmann. Dit was Small wat my geroep het. Hy sê: “Bring jou dogter hiernatoe. Sy kan in my stoel sit.”

Maar in die ry langs die trappe waar ons sou sit, het Donn Engelbrecht, ’n voormalige kollega van my, en sy gesin toevallig gesit. Hulle het ’n ekstra stoel gehad omdat sy tweejarige seun meer aan die woel as op die sitplek was. Riëtte kon toe daar sit sonder dat Small sy stoel moes opgee.

Maar Small was nogtans bereid om sy stoel op te offer en op die koue sementtrappe te sit sodat my dogter gemaklik kon wees.

James Small se naam kon netsowel James Big gewees het, want hy was.

Ek kry steeds ’n knop in die keel wanneer ek aan sy gebaar dink vir ’n pa met ’n dogter met Down se sindroom.

Meer oor:  Briewe  |  James Small
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.