Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jammer, Nathan, maar dis genoeg

Erik Mouton, Langebaan, skryf: Ek hou gewoonlik die brieweblad en Nathan Trantraal se rubriek, “Sypaadjies”, vir my laaste lekkerleesplesier op ’n Sondagmiddag.

Die afgelope Sondag het ek egter amper gestik aan my eie “witbevoorregting” toe ek Nathan Trantraal se jongste anti-wit-tirade teen my moes verorber.

Die man het beslis ’n sonderlinge skryftalent wat hy ondanks sy lyding en verdrukking onder die hak van apartheid tog kon vind, ontwikkel en koester.

Namens alle wit mense wil ek dit op my neem om hom en almal, swart, bruin, Indiër en selfs witmense wat soos hy onder apartheid gely het, onvoorwaardelik om verskoning te vra. Ek is uit my hart uit jammer vir die pyn en lyding wat mense weens die onmenslike stelsel moes verduur.

Verder wil ek sê dat jy en jou mede- rasielede met my verskoning kan maak soos julle goed dink.

Ek is nou gatvol jammer gesê, en ek is moeg vir die verbale sweephoue wat jy uitdeel in ’n grootliks “wit” Sondagkoerant, terwyl jy jou tjekkie met sy witmonopolie-reukie gaan bank.

Kom ’n slag oor jou haat en afkeur. Jy kan kies of jy ’n slagoffer wil wees of nie. Ek skuld jou niks en ek het jou niks gemaak nie.

Gaan in vrede.

Ons, Oos-Kaap, skryf:  Jinne, Nathan Trantraal, ek sien jy is nie goed bekend met die wêreldgeskiedenis nie.

Die Mede en die Perse het die nabye Ooste oorgeneem, vermoor, verkrag en verdruk. Kyk na die Romeine en lees wat hulle gedoen het aan die bevolkings wat deur hulle oorwin is.

Lees oor die Vikings! Lees ook hoe die Japannese hul oorwonne vyande behandel het. Lees ook hoe dié oorwonne nasies oorleef het. Nie deur haat en nyd en rasse-haat of deur nog oorloë uit te lok nie, maar deur hulself op te bou en aan te gaan.

Afrikaners is in die Anglo-Boereoorlog verdruk, in konsentrasiekampe gestop en verneder en vermoor. Hulle het egter nie in die verlede gaan lewe nie, maar het begin bou aan hul eie lewens, sonder om die vinger gedurig na wat verby is te wys.

Moenie so jammer vir jouself wees nie, jy het niks om oor te kla nie, kyk na jou eiewaarde en bou ’n toekoms vir jouself en los die ander uit.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.