Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jesus ag álle lewens belangrik, Neels

Theunie Kirsten skryf:

Neels Jackson se artikel “As Jesus kon kniel, kan boer óók” het my diep laat nadink. Jackson is van mening dat om Black Lives Matter (BLM) lynreg teenoor plaasmoorde (White Lives Matter – WLM) te stel, net nog meer polarisasie in die land tot gevolg het. Tragies.

Ongelukkig dra mense nie net ’n leeftyd se (goeie en slegte) ervarings met hulle saam nie, maar hulle oordeel maklik en vergewe ook moeilik. En die ander aardsonde – veralgemening.

Jesus het hom nooit daaraan skuldig gemaak nie. Dié dat hy enersyds geldwisselaars se tafels voor die tempel omgegooi het (Matteus 21), maar ook Saggeus, ’n hooftollenaar, uit ’n boom kon afroep om saam met hom ’n maaltyd te geniet (Lukas 19). Dít is omdat Jesus in die harte van mense kan inkyk.

Ék kan nie. Dié dat ek gesellig met enige gesin sal gesels wat langs my by ’n verlate uitkykpunt stilhou. Maar liewer spore sal maak as daar vier mans in ’n motor langs my stilhou. Omdat ek nie kan sien wat in hulle harte aangaan nie en vier mans ’n bedreiging kán wees.

My wens is dat alle wit Suid-Afrikaners simpatiek teenoor BLM sal staan en dat alle swart Suid-Afrikaners simpatiek teenoor WLM sal staan. Maar dan moet dit nie net lippetaal wees nie. Dan moet mans (van alle kleure) spontaan oumatjies (van alle kleure) oor besige strate help en moet die veiligheid van kabinetslede én plaasboere ewe belangrik geag word.

J Loock skryf per e-pos:

Ek voel dat Neels Jackson se aanhaling uit Johannes 13, van Jesus wat sy dissipels se voete was, uit konteks is.

Jesus het hulle voete gewas om hulle nederigheid te leer, nie omdat Hy een of ander dissipel-aksie ondersteun het of omdat Hy hulle moontlik iets aangedoen het waaroor Hy moes skuldig voel nie.

Die BLM-beweging het vlamgevat in die VSA waar daar klaarblyklik ’n probleem is met die optrede van wit geregsdienaars teenoor swart mense. Dit het geen ooreenkomste met Suid-Afrika nie.

So, as ons nou vir Jesus móét bysleep om ’n argument te ondersteun, dink ek ’n meer gepaste teks sal wees uit Matteus 23, waar Jesus die Fariseërs berispe oor die dinge wat hulle doen net om aansien te verwerf.

Piet de Jager, Pretoria, skryf:

Neels Jackson gebruik sy Bybel net soos BLM – om sy eie standpunt te regverdig. Só sterk sluit hy aan by die BLM-gedagte dat hy voeling verloor het met die werklikheid in ons land. Daar is ’n reuseverskil tussen die agting van swart mense se lewens en steun aan BLM.

Ds. Abrie Botha, Strand, skryf:

Vir Christus is alle lewens ewe belangrik daarom gee Hy sy lewe vir alle mense. Myns insiens sou Hy nie BLM ondersteun nie. Hy was die Groot Versoener. Stel die ondersteuners van BLM regtig belang in versoening?

Meer oor:  Piet De Jager  |  J Loock  |  Abrie Botha  |  Theunie Kirsten  |  Briewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.