Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jesus sou nie met ’n Porsche gery het nie

Oor Dana Snyman se “Pastoor At is ’n blessing” (27.10):

Dit blyk die sogenaamde Pastoor At en Ben ken nie hul Bybel nie en lees slegs wat hulle pas.

Ben minag hul ouers deur so van hulle te praat.

Jesus was en is steeds nie vir rykes en Fariseërs, soos Ben en At nie. Hy sou beslis nie in ’n “man­sion” gebly of met ’n Porsche Panamera rondgery het as Hy vandag nog in liggaam hier op aarde was nie.

Hy sou in die kinderhuise, plakkerskampe en hospitale gewees het.

Ben kritiseer die armes, maar hy “retrench” sy werkers sodat sy besigheid kan groei en hy in die Alpe kan gaan ski.

Waar laat dit sy werkers?

Terloops, Jesus lewe nog steeds.

Dankie vir Dana se rubriek oor die pastoor. Ek is nie seker of dit komies, tragies of albei is nie, maar dit het my met ’n glimlag gelaat. Is ons nie maar almal só nie? Until life happens.

Meer oor:  Porsche  |  My Stem  |  Jesus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.