Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jeug moet met hul eie party lei

Onlangs het pres. Cyril Ramaphosa gesê hy sien uit na die dag wanneer jong mense hul plek in die parlement, die kabinet en provinsiale uitvoerende rade inneem.

Hy het voorts gesê die regering wil ’n nierassige, nieseksistiese, voorspoedige en demokratiese Suid-Afrika bou.

So, komaan, youngsters, red ons pragtige land en sy mense.

Dat die jeug deur ’n krisis in die gesig gestaar word en dat die regering ’n voorstander van die ontwikkeling van die jeug is.

Natuurlik word die jeug deur ’n krisis in die gesig gestaar.

Ramaphosa hoef dit vir niemand te vertel nie, want almal weet dit. Maar wie moet die skuld daarvoor kry? Inderwaarheid behoort die regering sy kop in skaamte te laat sak en te erken dat hy nie net onbevoeg is om ons land te lei nie, maar die jeug en die ganse Suid-Afrika in die steek laat.

Die meeste van die huidige (en vorige) leiers is en was in die skadu van hul lewe toe hulle die septer geswaai het. Hulle is en was doodeenvoudig te oud.

Hul nalatenskap aan die jeug is iets om oor te huil.

Die regering het oor en oor bewys dat hy nie in staat is om ’n nierassige, nieseksistiese, voorspoedige en demokratiese Suid-Afrika te bou nie.

Die oplossing lê by die jeug self.

Hulle moet self die leiding neem en hul eie party stig. Nie ’n jeugliga wat deel van ’n ander party is nie, want die jeugligas is net onderdane van hul senior politieke meesters.

Ek praat van ’n volwaardige party met ’n leier van niks ouer as 40 jaar nie. Die kiesers sal vir hulle kan stem en sodoende sal Ramaphosa se wens vervul word dat jong mense hul plek in die parlement, die kabinet en provinsiale uitvoerende rade inneem.

Ek glo vas dat ons jeug van alle rasse die vermoë het om die beheer van ons land oor te neem en ’n nierassige, nieseksistiese, voorspoedige en demokratiese Suid-Afrika tot stand te bring.

So, komaan, youngsters, red ons pragtige land en sy mense.

Meer oor:  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Briewe  |  Jeug  |  Mystem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.