Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jeugdag: ‘Die versugtinge van alle Suid-Afrikaners’
MyStem

My sewejarige seuntjie, David, vra my nou die dag hoekom ons Jeugdag vier.

Ek gee vir hom ’n kort antwoord: “Dis omdat ’n klomp jongmense in die apartheidsjare op dié dag deur die veiligheidspolisie doodgeskiet is.”

Ek dink hy is nog te jonk om die volle storie nóú al te hoor.

’n Meer volledige antwoord sou wees dat veral swart jongmense in opstand gekom het daarteen dat leerlinge verplig word om Afrikaans saam met Engels as vak te neem. Talle jongmense het op 16 Junie 1976 in die optogte deur leerlinge en studente gesterf toe die polisie met skerppunt-ammunisie op hulle geskiet het. Dit het tot landwye opstande en proteste gelei.

In 1994 het Suid-Afrika uiteindelik die bevryding en demokratisering beleef waarna so baie gestreef het en waarvoor talle, aan alle kante van die politieke spektrum, gesterf het.

Terwyl strukture, stelsels en die regime ingrypend in Suid-Afrika verander het, was daar myns insiens bitter min fundamentele veranderinge wat die lewens van Suid-Afrikaners verbeter het.

Daar is ’n paar deursnee- of oorvleuelende versugtinge waarna alle Suid-Afrikaners smag.

Daar is ’n paar deursnee- of oorvleuelende versugtinge waarna alle Suid-Afrikaners smag. As ons saam daarop fokus en ons energie daaraan bestee, behoort ons beter te vaar.

Hierdie “oorvleuelende versugtinge van alle Suid-Afrikaners”, onder wie ons jeug, wil ek op Jeugdag as volg opsom:

*Almal wil graag ’n billike kans gegun word om hul volle potensiaal te bereik sonder om deur omgewingsfaktore, politieke inmenging en die magsmisbruik van geleenthede ontneem te word.

*Geen mens wil beoordeel word op grond van taal of kleur of herkoms nie. Elke jongmens moet die ruimte gegun word om sonder beperking of belemmering sy of haar eiesoortige bydrae te maak.

*Die stem van alle mense, veral ook jongmense, moet gelyke gewig dra in openbare gesprekke, en die oordonderende stemme van dié met finansiële invloed, mediaplatforms, kulturele mag en politieke gewig mag nie die finale seggenskap kry nie.

*Ons moet beide ons eenheid as Suid-Afrikaners en ons ryke verskeidenheid omarm, en nie vanuit ons loopgrawe of van agter ons hoë mure verwyte en beskuldigings na mekaar slinger nie. Ons het soveel onderlinge kulturele skatte wat ons van mekaar moet ontdek en geniet. Dit kan soveel moontlikhede vir samehorigheid skep.

*Ons almal smag daarna om veilig te voel in al die ruimtes waar ons beweeg – in die formele ruimtes soos skole, kampusse en kerke, sowel as in die informele ruimtes waar ons uithang en onsself geniet. Ons kan net ’n veilige toekoms binnegaan as ons saam vandag se jonger weergawes van hulle wat ons ruimtes bedreig, gaan soek en verseker dat hulle toegang kry tot opvoeding, self veilig voel en gevoed is. Net dán kan ons die vlaag van geweld op lang termyn in Suid-Afrika keer.

Op Jeugdag in 2017 moet ons almal opnuut aanmeld vir diens om saam te werk om dié Suid-Afrika te help skep wat ons, en veral ons jeug, bly ontwyk.

Almal moet en kan hierin ’n rol speel en ’n bydrae maak, veral geloofsgemeenskappe, akademiese instellings, sportliggame en gemeenskapsorganisasies.

Meer oor:  Mystem  |  Jeugdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.