Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jo Black en kie wys Afrikaans is springlewendig

Afrikaans en sy kultuur is nog springlewendig en lewenskragtig.

Dit is Sondagaand weer bewys met die Ghoema-musiekpryse in Johannesburg.

Hoe heerlik verfrissend, verrykend en bemoedigend was die sprankelende geleentheid nie.

Saam met enkele van die gewaardeerde ou kunstenaars het ’n nuwe geslag Afrikaanse musici opgestaan met verfrissende musiek in ’n glansryke nuwe idioom­.

’n Nuwe sangkunstenaar met ’n welige bosbaard en die betekenisvolle naam van Jo Black, het die paadjie na die verhoog van die Theatre of Marcellus in Emperors Palace behoorlik stofgetrap vir etlike toekennings.

Sy liedjie “Skepe” was ’n wenner en het uitgeblink onder vele nuwe treffers.

Hy tree ook vandeesweek op die Bloemskou op.

Hoe jammer tog dat alle kykers nie toegang tot die program op DStv gehad het nie. Kan dit nie maar op ’n oop kanaal vir alle kykers herhaal word nie?

Die doemprofete wat Afrikaans so dikwels wil afskryf, kan gerus weer ’n slag positief dink.

Afrikaans en sy ondersteuners laat hulle nie so maklik onderkry nie. Agter die skerms woel dit.

Die kampvegters vir Afrikaans het in die verlede met een taal­beweging ná die ander hul taal laat verrys.

Geleenthede soos die Ghoemas Sondagaand saai die saad vir die herrysenis van ons soetste taal – met ’n lied in die hart.

Is die tyd nie nou ryp vir ’n nuwe taalbeweging soos van ouds nie?

Meer oor:  Jo Black  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.