Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jonges sien geen toekoms in SA

Pres. Cyril Ramaphosa sê as hy kon, het hy elke jong mens aan ’n boom vasgebind.

Ek verstaan dit. As ek kon, het ek my drie kinders aan ’n boom vasgebind. Maar ek kan nie en hulle is weg.

Pres. Ramaphosa, sê my wat maak ons met die volgende: Ons het krag tot hoogstens 2030;) Swart ekonomiese bemagtiging: My seun het gratis by ’n hospitaal gewerk om ure op te maak en dit op sy CV te kry, maar wit mense word nie aangestel nie; ) Dreigemente soos dat wit mense nie uitgemoor sal word nie, altans nie nou nie; en) Die feit dat ons matriek en grade oorsee niks werd is nie.

Hierdie jong mense sien geen toekoms vir hul kinders in Suid-Afrika oor 20 jaar nie.

Kinders wat nie welkom gaan wees in die wêreld van werk nie; ’n wêreld sonder krag en waar klimaatsverandering nie gepak word nie; ’n wêreld met ’n baie groot groep ongeletterde mense, terwyl die res van die wêreld tegnologiegedrewe is.

Meer oor:  My Stem  |  Toekoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.