Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jou artikel is dan in Afrikaans, Deon Maas!

As liefhebber van alle tale en veral Afrikaans het ek Deon Maas se artikel (Beeld, 14/01) insiggewend gevind. Sy deeglike navorsing is bewonderenswaardig.

Die neerhalende ondertoon van die artikel het my egter nie ontgaan nie.

Noem dan maar voortaan vir S.J. du Toit “die vader van die erkenning van Afrikaans” net om van die “mite” dat hy die “vader van Afrikaans was” ontslae te raak, en sodoende op minder tone te trap.

Ek wil Maas herinner daaraan dat nóg die geskiedenis soos wat dit toe wel verloop het nóg die bestaan van ’n taal met die trek van ’n vuurhou­tjie uitgewis kan word. As bewys daarvoor staan die blote feit dat hy sy artikel in Afrikaans geskryf het nou vir ewig as onuitwisbare monument.

Meer oor:  Deon Maas  |  Pretoria  |  Afrikaans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.