Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jou SMS
Pres. Cyril Ramaphosa.Foto: FELIX DLANGAMANDLA

Pres. Cyril Ramaphosa meld korrupsie en staatskaping in al sy toesprake en waarsku dat dit uitgeroei moet word. Indien daar egter gelet word op met wie hy meng, wil ek net vir hom sê: “Soort soek soort.” – Jay-Jay, Musina

Die voorval by die Laerskool Schweizer-Reneke word heeltemal uit verband geruk. In Eersterust het bruin kinders se ouers betoog en geweier dat swart kinders uit Mamelodi na hul bruin skool kom. Dis mos nou blatante rassisme.  – Hendrik, Pretoria

Lesufi is seker bitter spyt dat Schweizer-Reneke nie in Gauteng is nie. – Wynand, Pretoria

Gaan ook maar nie veel in Suid-Afrika aan as van die hoofnuus is dat kinders by verskillende tafels sit nie. – Nella, Emalahleni

Wanneer gaan die sosialemedia- verslaafdes leer om te dink? Dink wat jy besig is om af te neem, dink wat jy sê voordat jy dit uitstuur.  Onthou, as dit eers uit is, kan dit nie teruggetrek word nie, maak nie saak hoe goed die bedoeling is of was nie. Onthou, wit mense word heeltyd onder ’n vergrootglas geplaas. – Lukas E., Centurion

2019 is verkiesingsjaar. En die rassisme-perd word klaar gery tot sy bene waai. Hoe verskriklik hartseer en jammer is dit nie. – Es, Jhb

Is die DA in Tshwane in beheer of slaap hulle? Hoeveel mense moet nog kla oor die gemors by lisensiekantore? Word wakker en doen iets aan die chaos. – Danie

In April aansoek gedoen vir hernuwing van rybewys. Nou, 11 maande later, het ek dit steeds nie gekry nie. E-pos-navrae sowel as SMS-navrae lewer niks op nie. Kry nie eens ’n antwoord nie. Wat maak ek?  – Moedeloos

Nella, jy kan my niks vertel van die departement van binnelandse sake nie. Probeer sedert Augustus ’n doodsertifikaat uit hulle kry. Elke keer praat jy met iemand anders en elke keer makeer ’n dokument. Ek hou tot 52 minute aan om met iemand te kan praat. Onbegonne taak. – Andries, Springs

Ag nee wat, Nella, Witbank kan kom lesse vat in onbevoegdheidskunde in Vereeniging (Emfuleni). Ons is die wêreldkampioene.  – Wille

Curro se beroepsgerigte matriek is in die kol. Wanneer sal die onderwysowerhede besef dat dit die pad is om te loop, ook in naskoolse onderrig? – Alet L, Pretoria

Een miljoen gr. 1’s is oor 12 jaar een miljoen gr. 10’s. Hoop die ANC en EFF het groot planne om skole, universiteite en onderwysers gereed te kry. – Stella

“Geveg” by skool toe net tradisie. Kon maklik in ’n gewelddadige rasse-kwessie verander word. Sosiale media moet verban word. – EM

Met al die geld wat die staat so van ons belastingbetalers steel, kon hulle al genoeg skole gebou het. Maar nee, skole bou is nie ’n prioriteit nie. Wil net hulself verryk.  – Lulu, Klerksdorp

Panyaza Lesufi

Beeld se kruisvaart teen Panyaza Lesufi oortref die mediaveldtog teen Donald Trump. Hoe suiwerder die goud hoe sterker die hitte.  – Deon Bekker

Enige persoon wat droom dat Donald Trump Suid-Afrika se probleme kan oplos, glo seker ook Jacob Zuma was goed vir Suid-Afrika. Hy is soos ’n olifant in ’n porseleinkas. – Frik

Ek stem heelhartig saam met Dirk Schoeman. Die inhegtenisneming van persone wat in selfverdediging optree is verkeerd en gronde vir ’n siviele eis. – EO, KPark

“Sowat 21 910 daggaplante” – wie het getel? Was dit nie dalk net 21 909 nie? Sou “ongeveer 20 000” of “22 000” nie ook aanvaarbaar wees nie? – Hans

50 jaar gelede was trompop-botsings tussen treine ongehoord. Wat gaan nou aan en waar is die tegnologie? – Eben

Hierdie Boer soek ’n vrou-beriggewing is darem wragtig niksseggend en geensins nuuswaardig nie!  – Loep, Pretoria.

Meer oor:  My Stem  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.