Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Juju moet ook aangekla word

Vicki Momberg is tot twee jaar tronkstraf gevonnis nadat sy polisiebeamptes rassistiese opmerkings toegesnou het. Sy is die eerste mens in Suid-Afrika wat weens crimen injuria tronk toe gestuur word.

Ek teken geensins teen hierdie vonnis beswaar aan nie en sy moet vir haar optrede verantwoordelik gehou word. Hopelik het dit ’n presedent geskep en hou dit ’n les vir ander in.

Ek teken wel beswaar aan daarteen dat Ju­lius Malema op ’n platform voor sy ondersteuners kan staan en die rassistiese woorde “kill the Boer, kill the farmer” kan uiter. Hy is nie net rassisties nie, maar bevorder haatspraak en deel ander mee dis reg om wit mense te vermoor.

Al die bewyse is daar. Malema behoort aangekla te word en as ’n hof hom skuldig bevind, soos Momberg gevonnis te word.

Meer oor:  Vicki Momberg  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.