Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy kan nie meer sonder Engels nie

Leopold Scholtz se "Die krag van ‘n moedertaal "(02.05) herhinner my aan my ondervindinge waar ek net Afrikaans magtig was en dit sonder enige buite hulp na Engels moes oorskakel.

Op 10-jarige ouderdom In 1953 het my ouers na Zimbabwe geëmigreer, en kon geen woord in Engels praat nie. My eerste skool (in std.1 - gr. 3) was Lochinvar Primary waar bitter min van wat die onderwyseres gesê het, vir my verstaanbaar was. My pa was die spreekwoordlike “rolling stone which gathers no moss”.

Ek het twee jaar (gr. 5 en 8) in Bothashof skool gegaan. Ek en my jonger boetie het eendag uitgewerk dat ek 11 maal van skool verander het van gr.1 tot gr.12.

Borthashof was die NG Kerk-skool in Zimbabwe (destyds Suid-Rhodesië) wat aan die kinders van Afrikaanssprekende gesinne, hoofsaaklik tabakboere, onderwys gegee het. Die skoolhoof, meneer Groenewald, was diep onsteld omdat ek die skool verlaat, maar my pa kon nie die skoolgeld bekostig nie.

Groenewald se seun, Gielie - seker Machiel,  word genoem as ‘n lid van die Broederbond in Hans Strydom se boek The Super-Afrikaners. Groenwald was ons wiskunde-onderwyser en sy seun was in my klas.

Moontlik het Groenewald my gesien as ‘n toekomstige Broederbonder, miskien was dit ‘n stukkie geluk dat my ouers my uit die skool gehaal het! Dat my ondervindinge my benadeel het, is verseker - maar ek het minstens 'n Cambridge “O level"-sertifikaat in matriek verwerf.

Die werklikheid is dat Engels die bedryfstaal van al ons groot sake ondernemings is, en ‘n kind wat vandag dink dat hy of sy net met Afrikaans kan vorder, sit die pot mis. Die Jode is ‘n goeie voorbeeld van ‘n nasie waar baie wat buite Israel woon, nie hulle eie taal kan praat of skryf nie.

Hul eenheid is gegrond in hul geloof en kultuur.

Hulle gee nie om of ‘n ander Jood net Engels of Frans kan praat en geen Hebreeus nie.

Een van die voordele van my skoolopvoeding was Europese geskiedenis. Dit was opvallend vir my hoe een na die ander nasie van laagtepunt tot hoogtepunt op die wêreldverhoog beweeg het en dan weer terugesak het. Die Westerse beskawing, soos ons dit ken, is besig om te verdwyn en meer taligheid kan ‘n enorme voordeel aan ons kinders bied.

In my geval is dit al so met ‘n dogter wat al dekades in London werk en woon, en ‘n seun wat in Johannesburg woon en werk. Nie een was ooit sonder werk en hulle verdien geld wat my oë laat traan.

Verder is daar die ontwkkeling van die Engels wat ons vandag leer en praat (Queen’s English). Duits is een van die hoekstene waarop Engels gebou is. Afrikaans is ‘n mengelmoes van Hollands en Duits en sy ontstaan kan nie voor Jan Van Riebeeck se aankoms wees nie.

Om die taal se bestaan te verseker, moet Afrikaans ‘n kultuurtaal word en ons bedryfstaal moet Engels word om ons kinders se voortbestaan te verseker. 

Meer oor:  Engels  |  Calvinia  |  Mystem  |  Brief
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.