Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy kan trots wees op sulke ‘diens’

Ek is baie trots op ons staatsdiens vir die flinke wyse waarop sy dienslewering plaasvind.

Ek het op 28 Februarie na die plaaslike munisipaliteit gegaan om my rybewys te hernu. Die diens wat ek daar ontvang het, was flink en vriendelik.

Ek het ongeveer drie maande later ’n nota gekry wat vra dat ek weer na die kantoor moet gaan vir nuwe foto’s. Die eerste foto’s was seker teen daardie tyd al verouderd.

Op 10 Augustus – ’n skamele vyf maande en sewe dae nadat ek om ’n nuwe rybewys aansoek gedoen het – word ek in kennis gestel dat ek die nuwe rybewys kan gaan haal.

Om só ’n “ingewikkelde” taak só “spoedig” af te handel is werklik iets om op trots te wees.

Meer oor:  Rybewys  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.