Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy op Facebook

Die SAUK wil TV-lisensies afskaf en ’n belasting op alle huishoudings hef, ongeag of hulle ’n TV het of nie:

Die bestuur van die SAUK het geen heffing benul wat hulle doen nie. – Lorna Botha

Wat snuif hierdie mense vir ontbyt?! – Gemma Howl

Ek wonder wie sit heeldag en dink al die blerrie strooi uit? – Linda Neethling

Ag asseblief. So dis al weer net die belastingbetalers se baba. – Marelize Liebenberg

Die SAUK soek ’n verskoning om die administrasie te vergemaklik, want hulle weet self dit is ’n gemors. – Corrie Lubbe

Gaan samel eerder julle TV-lisensiegelde in by die mense wat vir niks betaal nie. Ons wetsgehoorsames betaal ons lisensiegelde. – Lorraine de Villiers

Dis soos om die SAL aan die lewe te probeer hou deur elke huishouding ’n fooi te laat betaal, of hulle van die redery gebruik maak of nie. Maak eerder beter kwaliteit vermaak sodat mense wíl kyk, of maak julle deure toe. – Riana Swiegers

Hulle kan nie eens water en krag in informele nedersettings invorder nie, so hoe gaan hulle dit regkry?! – Nathan James

Meer oor:  My Stem  |  Sauk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.