Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy op Facebook en Netwerk24

Suid-Afrika het misluk om nierassigheid te bevorder, sê FW.

Die gewone mens op straat is nie rassisties nie . . . die politici is die rassehaters. – Anton F. du Plessis

Hoekom het ons misluk, FW? Oor jy ons uitverkoop het. – Rina Vermeulen

Ek is geensins tevrede met wat tans in die land aangaan nie, maar om vir FW sleg te sê, is sinneloos. – Conrad Reyneke

Nierassigheid begin in jóú hart, in jou straat en in jou sfeer van invloed. – Johann Jordaan

In God se oë het hy goed gedoen. Ons dien nie ’n God van apartheid nie. – Mieta Dikhoba

Ek dank die Here dat FW de Klerk apartheid afgeskaf het. God het almal lief, nie net wit mense nie. – John Kuhn

Hou op kla, De Klerk. Jy ondersteun vir Cyril en die ANC. – Tienie Groenewald

Hoekom is mense kwaad vir ’n president wat hulle self gekies het? – Sean Joorst

Pres. FW de Klerk was en is – vir my altans – nog altyd ’n stem van nugterheid, redelikheid en intelligensie, en ek neem graag kennis van sy menings. – Kobus Engelbrecht

Meer oor:  Fw De Klerk  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.