Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy op Facebook en Netwerk24

Uiteindelik: Weermag op Kaapse Vlakte ontplooi:

Ons hoop en bid dat hulle ’n verskil Kan maak vir al die onskuldige mense wat seerkry. – Melani Ras-Weidemann

Alles in die weermag val uitmekaar, die troepe ook. Die bendes weet dit en lag lekker daaroor. – Cobie Gagiano

Ja, uiteindelik! Ná hoeveel onskuldiges met hul lewens moes boet. – Elaine Gordon

Baie dankie! Kan hulle ook daaraan dink om in die noordelike gebiede van ons vriendelike stad, Port Elizabeth, te ontplooi? – Vanessa Matthews

Hoop hulle kom Worcester toe, spesifiek Avianpark toe. – Helga Kammies

Wat van die plaasboere? – Maryn van Wyk

Wonderlike nuus. Gun die inwoners ook rustigheid. – Meisie Engelbrecht

Dink die bendes is takties baie beter as ons huidige weermag, seker nog beter bewapen ook. – Bennie van Graan

Dit sal net vir 3 maande wees, dan is bendes terug op hul pos. – Jurie Prins

Mense, hou op om altyd negatief te wees. Met negatiwiteit gaan ons nêrens kom nie! – Marié van Heerden

Meer oor:  Weermag  |  Kaapse Vlakte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.