Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy op Facebook en Netwerk24

Kinders en hul ouers in Uber gekaap.

En waar is onse leiers? O ja, seker in vergaderings om misdaad te bekamp. – Janet Daniels

Ons pragtige sonskynland se lig kwyn by die sekonde. Waar is jy veilig? Nêrens. – Elizabeth Anne

Dis ’n nagmerrie. Hoop die ontvoerders word gevang. – Ronel Venter

Versigtig mense! Dít het ook in ’n euwel ontaard! – J.E. le Roux

Uber moet begin pa staan vir al die misdade wat onder sy handelsnaam gepleeg word. – Elane vdW

Sal eerder gewone minibus-taxi’s gebruik, en het al ’n paar keer. Vriendelik en profes­sioneel. – Jacques Tredoux

Almal kla oor werkloosheid en kry jy dan wel iets om te doen, soos in dié geval Uber, word dit misbruik. – Sarie Myburgh

’n Mens is nêrens meer veilig nie! My hart vrees vir my arme kinders wat nog moet grootword! – Chanell Möller

Geen Uber vir my nie. Ek het ’n motor of loop met my voete. – Koos Odendaal

Waarheen is ons land op pad? Jislaaik. – Conrad George Becorney

Meer oor:  Uber  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.