Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy op Facebook en Netwerk24

N1 by De Doorns Vrydagoggend steeds gesluit:

Ná sulke optrede beteken die Wêreld­beker ook maar niks nie. Alles is afgebreek. – Albertus van Niekerk

En ons president soek beleggers om die ekonomie te red. Begin dinge op voetsoolvlak regkry. – Gert van Wyk

Die regering en polisie kyk toe hoe die plundering voortgaan . . . Net mooi niks word daaraan gedoen nie. – Toit du Toit

Dit is nie betogers nie, dit is misdadigers. – Daniel Adonis

“Misdadigheid sal nie geduld word nie.” “Ons veroordeel die plundering.” Stokou clichés. Wanneer voeg julle die daad by jul woord? Nooit! – Hennie Pennie

Daar was nie werk toe hulle daar kom plak het nie, maar nou dring hulle aan op werk. Gaan dit help as jy die gebied on­regeerbaar maak? – Johan Opperman

Maatskappye kry reeds swaar en ver­sekering is duur. Maar ja, dit is mos die land se leuse: Vat maar en brand af. – Trudie van Niekerk

Onskuldige mense word beroof. Wat bereik die mense daarmee? – Carmen Plaatjies

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.