Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy op Facebook en Netwerk24

Talle mense in die Boland het kop­gekrap toe hulle boer Hentie van Boer soek ’n vrou-faam op televisie onder ’n nuwe naam gesien het.

Nou wat nou? Is hy nou ’n kroek? Sofie Primus-stofie

Die dames moet maar ligloop. As hy oor sy naam kan lieg, kan hy seker oor ander dinge ook kluitjies bak. Albert van Vuuren

Dis darem nie vreemd dat iemand met ’n noemnaam later op hul doopnaam genoem word en so bekend raak in sy omgewing nie. Dit gebeur oral. Alida Schoultz

In my werksloopbaan is net my doop­name gebruik, behalwe as ek drooggemaak het. Dan het hulle ’n byvoeglike naam bygesit. John Scott

Dis net nog ’n bewys van die oppervlakkigheid van hierdie klug van ’n TV-realiteitsreeks. CL

Ja, daar is omtrent twee paartjies wat in al die jare actually getrou het. Die res sê mekaar nou nog sleg. Koen Pretorius

Ek dink nogal weer dis ’n goeie, ligte vermaakprogram, om SA’ners op te beur tussen al die doom en gloom in SA. Hennie Pennie

Meer oor:  My Stem  |  Boer Soek 'N Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.