Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy op Facebook en Netwerk24

Regering sal nie huiwer om weer hoër inperkingsvlak in te stel, sê Cyril:

Asof dit sal help. Die koeël is deur die kerk. Niks sal die virus nou meer keer nie, nie eens volle lockdown nie! – Adriaan Koen

Hulle (die owerheid) besig om op vlak 3 beheer te verloor, nou soek hulle die beheer terug. – Elize du Toit

Hier sit ek nog sedert einde Maart by die huis. Ek werk in ’n haarsalon. Geen inkomste, geen WVF-uitbetaling nie. – Gail Gibson

Die meeste plekke tree op asof op vlak 1. Hulle gee nie meer om nie. – William Lötter

Die regering gaan die Covid-ding van hoek tot kant misbruik om hom ’n gevoel van mag te gee. – Jacques Pienaar du Plessis

Dink hy vir een oomblik mense gaan hulle verder aan hom steur? Hy het ’n beter kans om swanger te raak. – Berdina Nel Stander

Gaan sluit julleself toe, dan hoef julle nie oor die land te worry nie. – Tony Brits

Niks sal die virus meer stop nie. Die bevolking se gehoorsaamheid is al vooruitsig en die ANC het die vertroue met sy apartheidsregulasies vernietig. – Henk Vorster

Gogga maak vir baba bang. – Maretha Geldenhuys

Meer oor:  My Stem  |  Covid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.