Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy op Facebook en Netwerk24

Ekonome vra: Waar is die detail, Cyril?

Hy praat maar altyd so in die lug, waarskynlik om ’n agterdeur oop te hou? Baie “moet” en “gaan” en niks verder nie. – Michael Steyn

’n Plan sonder ’n strategie is ’n fantasie. – Lukie Carelsen

Om mee te begin, skaf die minimum loon af, neem die beste persoon vir die pos in diens, ongeag ras, en ken kontrakte toe aan goedgekeurde kontrakteurs wat ondervinding het van die werk wat gedoen moet word. – Theunis de Bruyn

As dit maar planne was. Planne impliseer ’n begroting wat die resultaat is van ’n uiteensetting van aktiwiteite, teikendatums vir voltooiing en hulpbronne . . . Waarskynlik gaan daar sonder planne net miljarde aan elke deel van die droom toegewys word. – Ben Foord

Dit is nie ’n president (of hoof- uitvoerende beampte) se werk om detail te gee nie. Hulle gee die visie en strategiese rigting, terwyl hulle mense in hulle span het wat die detail moet uitwerk en implementeer. Dit is basiese organisasiebestuur. – Kruger van der Merwe

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.