Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy op Netwerk24

Maak geskiedenis verpligte vak, sê min. Nathi Mthethwa:

Geskiedenis het ’n besliste plek, solank dit nie soveel bagasie raak dat dit jou weerhou om die toekoms konstruktief en regverdig tegemoet te gaan nie. Maar leer gerus uit die foute van die verlede. – Eugene Basson

Ja, dis belangrik en behoort ’n verpligte vak te wees. Ongelukkig is sy begrip van geskiedenis gebrekkig – hy verwar dit met propaganda. – Albert van Jaarsveld

Geskiedenis is slegs relevant vir diegene wat die “oorlog” gewen het. Die “verloorders” se geskiedenis is nie belangrik nie. En dit is waarmee ons hier te make het – eensydigheid. – Victor Joyce

Moenie die ANC- en Zuma-korrupsiejare uit ons geskiedenis weglaat nie. Dit is iets waarop jou kinders baie trots kan wees. – Japie Diedericks

Leer die kinders dan ook dat Jan van Riebeeck net 10 jaar in die Kaap was en nie vir alles blameer kan word nie. – Elize de Villiers

Wie se geskiedenis – joune of myne? – Arno van Wyk

Hy bedoel eintlik “Maak ANC-propaganda verpligtend”. – Jan van Zyl

Meer oor:  Nathi Mthethwa  |  My Stem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.