Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy op Netwerk24

‘Ek’s reg om die tronk binne te stap’ – Jacob Zuma aan hoofregter Mogoeng:

Ag shame, arme Zuma. Die ewige slag­offer. – Katrien H

Gaan tronk toe, reguit tronk toe. Moenie by begin verby skuif nie. – Albert Jantjie

Moenie toelaat dat iemand in jou pad staan nie! – Elize de Villiers

Toemaar Jacob, selfs Garry Kasparov het ’n paar keer in sy lewe verloor. – Diek Muller

Zuma sal wel gevonnis word tot kort tronkstraf. Maar soos sy vriend Schabir Shaik sal hy eintlik net ’n ongemaklike vakansie geniet. – Ander Hoek

Laat ons nou sien wat die hoogste hof in die land se uitspraak gaan wees. Zuma het lank genoeg die martelaarsrol gespeel, stuur hom tronk toe. Laat ons dan ook sommer sien of Careltjie Niehaus en sy soldate die inhegtenisname kan stuit soos hy voorspel en gedreig het. – Hans M

Ek vier fees as hy tronk toe gaan! Dan sal ek sal beslis ’n glasie of meer saam met my vriend Olof Bergh geniet. – Wessel Bester

Hy speel martelaar, maar dalk soek hy die tronk om weg te kom van sy baie vrouens. – Chris Joubert

Meer oor:  My Stem  |  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.