Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy op Netwerk24

Die Valke het bevestig bewerings oor bedrog en geldwassery waarby die beleggingsmaatskappy Mayfair Speculators van Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, betrek word, word steeds ondersoek.

Ek glo ons is die land met die skoonste geld, want omtrent elke tweede ou was geld. – Albert van Vuuren

Skep ’n doolhof van maatskappye en trusts en beweeg die bates voortdurend rond met deurmekaar papierrekords – dis die resep wat skelms volg om hul geld weg te steek. – Gerrit Boonstra

’n Gesofistikeerde skurk – hy sou tuis gevoel het by Eskom. – J. Kriek

Ek wonder of enigiemand ooit hierdie kraaines sal uitsorteer. – Ander Hoek

Dis nou tyd dat hy tronk toe gaan. Wanneer gaan gryp die batebeslagleggingseenheid sy Bentleys? – Daniel Bredenkamp

Is die Valke met dieselfde passie besig om die staatskapers vas te trek? Ek vra maar net, maar ek glo nie. – Anton F. du Plessis

Mag jy géén rus vir jou siel kry nie, Markus Jooste. Jy en jou tjommies. Laat die nagmerries julle ry tot in ewigheid. – Die Beer

Meer oor:  My Stem  |  Valke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.