Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur jou SMS na 45589. SMS'e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Moenie te gou juig nie: JZ783 gaan net ’n waarskuwing kry. Siener van Nskandla

Zuma gaan vir seker sy saak konstitusionele hof toe vat om nog tyd te koop. – Chris

Sibusiso Manduzu Matrick Mbhele Dinsdag toe hy ’n vrou in haar motor te hulp gesnel het ten tyde van die vloede in Durban.Foto: Facebook

My goeiste, maar Gwede Mantashe kan darem die grootste klomp twak praat! Het hy aan Mac Maharaj se voete geleer? – Esther, Pta

Los tog vir Donald Trump en Kim Jong-oen uit. In dié land het ons so ’n oormaat moorddadige gekke dat
ons dit ’n demokrasie noem en daardeur word alle euwels geheilig. Thomas Renske, Randburg

Die polisie se 35 luitenant-generaals is skokkend. Die lugmag het net een luitenant-generaal, en hy is die hoof. JC, Pretoria, gewese lugmaglid

Willem, Kabous: Ek is 53 jaar gelede in Kaapstad gebore en het as kind met waterbeperkings grootgeword. Die ou NP-regering het toe al belowe om ’n plan te maak met belastingbetalersgeld, maar daar het dadels van gekom. My mening is politici is maar ewe korrup.
– Jacques, Centurion

Hoopvolle Gryskop, baie geluk met jou pragtige brief! Ek is ook ’n gryskop en ek dink ek sou net soos jy gevoel het. Die jong mense is deesdae baie arrogant en dink alles is maar reg. Ek sê nie almal is so nie, daar is pragtige jong mense! Mag God in almal se lewe posvat! – Petro Eysele, Hazeldean, Pta

Aan Hoopvolle Gryskop: Stuur die jong boef se motorregistrasienommer. Ek het goeie medisyne: sal hom teer en veer.

Vertel asseblief wat het van die pitbull Hagan geword? Het iemand hom aangeneem? Het hy ’n nuwe maat gekry? Dit is so ’n hartseer storie. – Amelia

Wat ’n pragtige heldedaad van Sibusiso wat die vrou se lewe gered het (foto bo). Dis hoe 90% van Suid Afrikaners is: Ons wil mekaar help. Dankie vir jou absolute onselfsugtigheid! Jy is ’n ware held. – Winanda, Pta

Rudy Paige

Baie dankie aan dr. Rhynie Greeff vir sy artikel oor antieke grappe Saterdag in Beeld. Lekker gelag so vroeg in die môre en die hele dag is sommer opgevrolik! – Letitia, Pta

Ek geniet Gerhard van Huyssteen se rubriek. Dis goed nagevors en hy is uiters kundig. Soos vele ander praat hy verkeerdelik van die Lae Lande. Hierdie gedrog is ’n baie goeie voorbeeld van ’n Anglisisme. Die regte term is Neder Lande. – Leser

Hoe kan ek ’n pakkie vir my seun in Taipei in Taiwan per lugpos stuur? 1 kg kos R413,45, al is die inhoudswaarde onder R90. Ek dink dit is ’n skande. – Leser

Wat my stomslaan van “seksverslaafdes” soos Harvey Weinstein is dat hulle lekker voortvroetel totdat iemand hulle aankla en dan skielik hulp (en simpatie!) wil kry. Arme verslaafde ou mannetjies! – Jay, Durban

Die Cheetahs se bestuurspan was arrogant om te dink hulle kan sommer ’n span teen die Leeus saamflans. Hulle moes lank­al besluit het of hulle in die Pro14- of die Curriebekerreeks wil speel. – Teleurgestelde Cheetah-ondersteuner, Pta

Cheetah-afrigters, julle is ’n verleentheid. Ons moet professionele afrigters kry. Hierdie Curriebeker is op ’n skinkbord weggegee. – Rindie

Jammer, Leeus. As Rudy Paige (foto regs) jul keuse is, is hierdie jaar jul laaste kans om iets te wen. – Mac NK

Meer oor:  Sms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.