Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
My Stem
Jy SMS

Stuur jou SMS na 45589. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voorkeur.

Vrystaat dalk kuns van R100 m. kwyt. Wat van die res van Suid-Afrika! Nigrini

As oudpolisieman wonder ek saam met Johan Wepener hoekom sers. Apollis nog nie bevorder is nie! Dis tog duidelik dat hy meer as bekwaam is! JC, Goodwood

Die DDA (dom DA) het homself ongewild gemaak by sowel die Afrikaanse as die bruin stem in die Wes-Kaap. Henk, W-Kaap

Groot waardering vir die Mandela-familie se grootmoedigheid en gebede vir FW de Klerk. Dít noem ek nou “hand uitreik” ten spyte van . . . Herman

Karlien se vieslike taalgebruik is ’n groot verleentheid. Uys Moolman, B’fell

Mense soos Karlien wat so vol van hulself is, gee my regtig ’n groot kramp! Jockey, Brackenfell

Braampie van Groot-Brakrivier het toe weer die gifpen uitgehaal om WP te beledig. Hoop hy voel nou beter. M.J. Bekker

En daar ontwaak ou Braampie. Foeitog. Dis maar moeilik om die WP af te kraak nadat hulle die hele seisoen met die ander spanne gemors het. E de J

Braampie, lyk my jy het vergeet dat WP jul Bulle op Loftus net in een helfte verwoes het. Praat van “choke”. Raynier, Danabaai

Heel jaar speel WP kookwaterrugby! En almal is in ekstase! Met een nederlaag en almal is kwaad! Tipies ons rugbypubliek! Cinty, Agulhas

Meer oor:  My Stem  |  Vloek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.